Kliek op foto om te vergroot
Swartland Noord gee om
uitreik
2012

Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Op Sondag 3 Junie & Woensdag 6 Junie 2012 het ons gemeente uitgereik na die Nagskuiling, Elkana, die TB hospitaal en die Sopkombuis.

Tydens die geleenthede is daar warm klere en komberse aan behoeftiges uitgedeel, saam gesing en gebid. Op die manier kon ons n kykie kry van die groot nood onder sommige van die minderbevoorregtes in ons dorp

1 Johannes 3:17 en 18
"Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie - hoe kan die liefde van God in hom wees."

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word en dan in opregtheid.

'n Soortgelyke uitreik word na Chatsworth, n landelike gemeenskap buite ons dorp beplan, hou die afkondigings dop.

Ons benodig nog warm klere en komberse, veral kinderklere. Gee dit asb so gou as moontlik by die kerkkantoor af of kontak vir Rala Lesch by 0732557614.

Baie dankie weereens aan almal wat hulle hande en harte oopgemaak het deur skenkings, gebede en hulle tyd te gee.
deur - Gielie du toit
zzuitreiktb8 aauitreiksop1 Nagskuiling1 zzuitreikelkana1 zzuitreikelkana2 zzuitreikelkana3
zzuitreikelkana zzuitreikkomb1 zzuitreikkomb2 zzuitreikkomb3 zzuitreikkomb4 zzuitreikkomb5
zzuitreikkomb zzuitreiksop2 zzuitreiksop3 zzuitreiktb1 zzuitreiktb2 zzuitreiktb3
zzuitreiktb4 zzuitreiktb5 zzuitreiktb6 zzuitreiktb7