Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ∑  E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
VRAAG EN ANTWOORDE
Dagloon:

Dit is die weergawe van 'n Romeinse muntstuk wat destyds aan 'n arbeider vir 'n dag se werk betaal is. (Mattheus 20:2) Dit was genoeg om in die daaglikse behoeftes van 'n arbeider en sy gesin te voorsien. Vir 200 van hierdie muntstukke kon daar vir meer as 5000 mense kos vir een maaltyd gekoop word. (Markus 6:37, Johannes 6:7) In Openbaring 6:6 word gesÍ dat die lewe so duur sal word dat 'n mens net een skeppie koring of drie skepe gars met hierdie muntstuk sal kan koop.

Het dit nie miskien al so geword nie?
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Rosyntjiekoeke:

Hierdie koeke is geŽet as deel van die verering van afdgode [tydens feeste], miskien om krag en energie aan hulle vereerders te gee (Hooglied 2:5), wat aan allerleie uitspattighede deelgeneem het. (vgl. ook 2 Sameul 6:19 en 1 Kronieke 16:1) Wanneer die rosyntjiekoeke nie beskikbaar was nie, is daaroor getreur. (Jesaja 16:7)
Higgajon (Psalm 9:17)

Is 'n woord, wat net soos Sela, waarskynlik verband hou met die voordrag van 'n lied of met begeleidende musiek. Die woord kom ook voor in Psalm 19:15 waar dit vertaal is met "wat ek dink" en in Psalm 92:4 waar dit te doen het met begeleiding op die lier. Hier in Psalm 9:17 kan dit 'n aanwysing wees vir 'n kort pouse met die oog op nadenke of musiek.
Jannes en Jambres

(2 Timoteurs 3:8) was volgens die Joodse oorlewing twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om die twee broers, Moses en Ašron, teen te staan (Eksodus 7:10 - 12)
Urim en tummim

Dit was vermoedelik twee stene wat die hoŽpriester in sy borssak moes dra en wat hy gebruik het wanneer hy oor regsake beslis. [Eksodus 28:30, Esra 2:63, Nehemia 7:65 vergelyk Levitikus 8:8 en Deuternomium 33:8] Soms word net gepraat van die urim [Numerie 27: 21 en 1 Sameul 28:6] Die presiese aard en werking van die twee stene is onbekend. Vermoedelik is deur die een 'n ja- en deur die ander 'n nee-beslissing verkry, ofskoon daar soms nie 'n antwoord gekry is nie. [1 Sameul 28:6]
Wat is die betekenis van die woord ďParadysĒ en waar was die presiese plek
Die woord paradys kom net vier keer in die Bybel voor. Dit beteken letterlik omheining, enlater het dit die betekenis gekry van park of plesieroord. Maar dit het die woord geword wataandui van die woonplek van die eerste mensepaar. In die nuwe Testament kry dit die betekenis dat dit die plek van God is. Dit is ín geestelike plek, nl. hemel. Dit is die plek vansaligheid en heerlikheid. Lukas 23: 43 ook II Kor. 12: 4 . Open. 2: 7 maak van die tuin aandie begintyd van die mens se geskiedenis, ín beeld van die heerlikheid aan die eindtyd. Onsmoet egter nie die paradys hier op aarde soek nie. Maar Gen. 2: 8 sÍ dat God ín tuin in Edengeplant het. Eden kan genot beteken. Dit is eintlik ín tuin wat in genot geplant is.Wetenskaplik dink hulle dat die Paradys het effens bokant die Persiese golf gelÍ. Dus die paradys kan nie meer met die fisiese oog gesien word nie maar met die oŽ van die geloof