NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
September en Oktober  - 2013
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za
Ds. Jan Steyn   Sondag 15 September 2013
Tema: Gestuur.
Teks: Lukas 10:1-20 en Johannes 20:21.
Preek: Inleiding: Wat is die eindpunt van die evangelie?
Daar was eendag 'n vrou wat in haar omgewing bekend was vir haar godsdienstigheid en haar liefde vir  
God en die kerk. Sy het elke moontlike kerkdiens en gebedsbyeenkoms bygewoon. Haar gedagtes was so  
gefokus op haar geestelike toewyding dat sy op pad na die kerkgebou nooit eens gehoor of gesien het as  
kinders na haar roep om 'n geselsie aan te knoop of as bedelaars hulle hande na haar uitsteek nie    
..............
Ds. Jan Steyn   Sondag 8 September 2013
Tema: Ons dra saam aan leierskap in die kerk.
Teks: Eksodus 18: 1-27, Numeri 11:14-17, Handelinge 6:1-6.
Preek: Inleiding: Herder-kudde model:
Ons het altyd gedink die herder-kudde model is iets wat net in die kerk voorgekom het. Dis nou daardie  
manier van doen van kerk waar die dominee vir alles in die gemeente verantwoordelik moes wees- hy  
moes van jeug tot bejaardes bedien, die kategese doen en by almal se probleme en krisisse uitkom en  
boonop elke Sondag baie keer 2 maal preek ook.   ..............
Ds. George Prinsloo   Sondag 29 September 2013
Tema: Ek weet darem nou nie…  .
Teks: Jeremia 32:1-3a, 6-15
Preek:  Geskiedkundige agtergrond:   Jeremia is in 650 vC gebore in Anatot, 7km Noord Oos van
Jerusalem. Op 24 jarige ouderdom is hy geroep tot profeet en hy sou sy roeping vir 40 jaar, nie net ‘n 2
jaar termyn nie, uitleef.  Hy het na die val van Jerusalem in 586 vC moontlik nog 10 jaar geleef. Hy het
waarskynlik so 84 jaar oud geword. Gedurende Jeremia se leeftryd, was die Egiptenare, die Assiriese Ryk
en die Babiloniese Ryk die sterk rolspelers wat die kitaar geslaan het. ..............
Ds. Nico Bonthuys   Sondag 22 September 2013
Tema: Die Gees maak vrymoedig.
Teks: Handeling 4: 1 - 20
Preek:  Daar is net een woord wat hierdie gedeelte beskryf en dit is die woord vrymoedigheid.
Spontaan, sonder vrees het Petrus en Johannes elke geleentheid gebruik om van die Here te vertel.  Alle  
pogings om hulle stil te maak het misluk
Dit is baie belangrik om die geheim van hulle vrymoedigheid te begryp want die mens se probleem of  
swakheid is juis dat ons dikwels bang is om van die Here te praat.  Hierdie twee manne se vrymoedigheid  
het die Joodse Raad verbaas want hulle was ongeleerde en eenvoudige mense, so staan dit ook in vers 13    
..............
Ds. George Prinsloo   Sondag 13 Oktober 2013
Tema: “Dankie” die helder getuienis - woord!
Teks: Luk.17:11-19
Preek: Daar is insidente wat mense se lewens vorm, beinvloed en of verander.
Ten goede of ten kwade. Insidente kan iets wees wat in jou huishouding, vanuit jou vriendekring of werkskring
met jou gebeur en kan soms jou hele verwysingsraamwerk verskuif! Dit gebeur soms dat so verskuiwing met of
sonder jou aanvanklike instemming gebeur….
In hierdie teks is daar ook ‘n insident wat ‘n man se lewe radikaal verander. Ons gaan hierdie ommekeer in die
man se lewe netnou bietjie nader aan ons lyf laat kom.  
Jesus is tussen Galilea en Samaria op reis met Sy bediening. Tussen 2 verskillende gemeenskappe. Jode en
Samaritane. (frontier/skeidslyn). . ..............
Ds. Jan Steyn   Sondag 20 Oktober 2013
Tema: Toe kom Jesus…
Teks:Mattheus 8:23-27 , Mattheus 14::22-32
Preek: Inleiding:  Ek het soos baie van julle grootgeword met die sondagskoolstorie van Jesus en saam met Hom
Petrus wat op die water loop. Ek het selfs in 1993 hierdie gediggie daaroor geskryf. Ek was toe student in my
sesde jaar op universiteit. In daardie tyd het my ouers hulle plaas verloor en is ons familieplaas . ..............
Ds. Jan Steyn   Sondag 27 Oktober 2013
Tema: Wie is Jesus? Wie is ek?
Teks: Mattheus 4:1-11 en Efesiërs 2:17-24.
Preek: Inleiding: Kom ons begin by die eerste vraag: Wie is Jesus?
Jesus se versoeking in die woestyn word deur sy doop voorafgegaan in Mattheus 3.
By Sy doop word Jesus bevestig as die Seun van God en in die woestyn in Mattheus 4 word Hy as Seun van God
getoets of versoek deur die duiwel. Voor Jesus se openbare bediening begin, wil hierdie gebeure in Mattheus 4
beklemtoon dat Jesus as ware mens self getoets en versoek kon word..............