Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
September en Oktober - 2012
Ds Jan Steyn    Sondag 9 September 2012
Tema:  Heilige God, heilige mense  Teks: Levitikus 19 en Jakobus 1:22-29
Preek: Heilige God:    Ons kernteks vanoggend is Levitikus 19:1: "Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig."
Ek wil begin by hierdie gedagte dat God heilig is. Wat beteken dat God heilig is? Die heiligheid van God dui op Sy
majesteit., Sy absolute heerlikheid wat so ver verhewe is bo alles in die skepping soos mense en plante en
diere..........
Ds Jan Steyn    Sondag 16 September 2012
Tema:  Rentmeesters  Teks: 1 Kronieke 29:12-19
Preek:  Inleiding:  Die Here is die ware eienaar.Eendag was 'n vyfjarige seuntjie alleen saam met sy pa by die huis.  
Sy pa het besluit dat hy iets spesiaals vir die seuntjie wou doen en vra hom toe waarvoor hy lus het. Die seuntjie het  
geantwoord: Ek soek een van daai Mc Donalds mega chips. Die pa en die seuntjie sit toe af Mc Donalds toe en die  
pa gaan koop vir sy seuntjie hierdie pak mega chips. Saam sit hulle toe by een van die tafeltjies en die pa verkyk  
hom aan die genot van die seuntjie wat die chips so deur die tamatiesous sleep en dan by sy mond invoer  
..................
Ds Jan Steyn    Sondag 30 September 2012
Tema:  Wie is in Beheer  Teks: 1 Samuel 21 en 22 en Mattheus 12:1-8.
Preek:  Inleiding:  In 1938 het die Poolse vlieënier Roman Turski terwyl hy op pad terug was van 'n vlug  
enjinprobleme ondervind en moes hy in Wenen land wat op daardie stadium onder Nazi beheer was. Toe Turski die  
volgende oggend by sy Wenense hotel uitstap na sy vliegtuig toe om sy vlug te hervat, het iemand voluit in hom  
vasgehardloop. Turski wou hom nog bloedig vererg maar sien toe man is wasbleek van vrees. Gestapo! Gestapo!   
..................
Ds Jan Steyn    Sondag 7 Oktober 2012
Tema:  Dawid as kind van God en Dawid as ouer  Teks: 2 Samuel 15-18.
Preek:  Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22  gekyk na 'n tydperk in Dawid se  
lewe toe hy vir sy lewe voor Saul moes vlug. Dawid gebruik manipulasie en bedrog eerder as vertroue op die Here  
om uit sy situasie te ontvlug en bloot te oorleef. Hy lieg vir Agimelek die hoofpriester by Nob, die staatsheiligdom  
van Saul, dat hy op 'n sending van Saul is en dat hy kos en wapens nodig het vir hierdie sending  ..................
Ds George Prinsloo    Sondag 14 Oktober 2012
Tema: 
Hoe stadiger jy loop, hoe beter sien jy”   Teks: Amos 5:6,7 en 10-15.
Preek:
  Gewoonlik jaag ons resies teen die horlosie. Die “ek-horlosie”. My dinge, my afsprake, my agenda. Intussen glip die opwindende, dog skugter, oomblikke ongesiens by ons verby. Geleenthede wat God vir ons uitsit. Somtyds gee ons mekaar nie die geleentheid om ons sinne klaar te maak nie, want ons dink soms net te vinnig dat ons reeds genoeg gehoor het, en dan wil ek ongevraag my beurt in die gesprek gebruik. Iemand gebruik die beeld van ‘n “Jack Russel” wat teen ‘n muur opspring om anderkant te sien...................
Ds Jan Steyn    Sondag 21 Oktober 2012
Tema:  God het 'n skoot   Teks: Psalm 63 : 1 - 9.
Preek:
  Daar word die storie vertel van die dogtertjie wat elke aand voor sy gaan slaap het eers op haar pa se skoot geklim het sodat hy vir haar 'n storie kon vertel. Maar aand vir aand het sy aan die slaap geraak voordat die storie klaar is en die volgende aand moes haar pa die storie maar weer van voor af begin vertel. So kom die storie nooit tot 'n einde nie en slim soos 'n pa maar kan wees, ...................
Ds Jan Steyn   HERVORMINGSFEES Sondagaand 28 Oktober 2012
Tema:  Vasgehou   Teks: Hebreërs 10: 11-25
Preek:
  Die Christene vir wie die Hebreer brief geskryf is, was tweede geslag Christene. Hulle ouers was dus die eerste mense wat Jesus gevolg het as Here en Messias. Hulle was aanvanklik baie entoesiasties oor hulle geloof, maar het nou aan geestelike uitputting begin ly. Miskien het hulle aan hierdie kerk-moegheid begin ly wat ek ook by heelwat mense optel; Hierdie uitgeputheid omdat die kerk se program van geestelike aktiwiteite , ...................
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Preke
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za