NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Preek Ds Jan Steyn   25  Junie 2017
Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8
Tema: FOMO
Wat is FOMO?
Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing
out. Ek het so bietjie gaan lees oor wat FOMO beteken en waar dit vandaan kom.
As ek dit reg verstaan, het die begrip FOMO eers na vore gekom met die opkoms
van sosiale media wat sosiale platforms soos Facebook op ons pad gebring het. 
Ek dink die hele gedagte van FOMO is ? sentrale deel van ons tydsgees. Die
tydsgees dat wie ek is en wat ek het nooit goed genoeg is nie. Dis ? tydsgees van
onbehae en ontevredenheid. Daar moet altyd meer wees om die draai. .....
Preek Ds Jan Steyn   11 Junie 2017
Teks: Romeine 8: 26-39
Tema: Waaroor is God in beheer?
Inleiding:
God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in
Afrikaans. Ons s dit vir onsself en vir ander veral in situasies waar dinge verkeerd
loop of wanneer een of ander ramp plaasgevind het of wanneer ons een of ander
groot verlies beleef. Dan troos ons mekaar met hierdie woorde: Toemaar, God is in
beheer. .............
Preek Ds Nico Bonthuys   2 Julie 2017
Preek Jan Steyn 6 Augustus 2017
Tema: Die krag van ons woorde en die krag van God se Woord
Teks: Spreuke 18:21, Mattheus 21:18-22 en Jesaja 55:8 en 11
Inleiding:
Iemand wat skryf op die internet onder die vaandel van die Baptistekerk in Kemptonpark  van sy vriend wat by mense gaan kuier het. 'n Vrou wat ook daar kuier, hoor toe dat hy hoes en vra hom wat fout is. Hy  antwoord : "Ek is siek. Ek het verkoue en ek kan dit net nie afskud nie." "Nee, jy is nie siek nie", het sy ingespring. "Jy moet dit nie oor jouself uitspreek nie." .................
Preek Ds Jan Steyn 23 Julie 2017
Tema: Vreemde tevredenheid (vergenoegdheid)
Teks: Filippense 4:10-20
Inleiding: Tydperk van onblusbare ontevredenheid:
Die historikus Arthur Schlesinger merk op dat ons samelewing gekenmerk word
deur wat hy noem inextinguishable discontent. Onuitblusbare ontevredenheid of
onvergenoegdheid. Hy skryf die volgende: "Our quest is better and what is next.
We want a better job with better pay and a better boss. We want better
relationships and a better car and a better backhand in tennis or a longer drive in
gholf ..........................
Preek Jan Steyn  3 September  2017
Teks: Johannes 2:1-12
Tema: Wyn vir die samesyn
Inleiding:
Wyn vir die samesyn? Klink soos leuse van 'n wynkelder of advertensie op TV. Wyn die die samesyn beteken mense is jolig en hulle kuier lekker en ontspan as rondom wyn. Dan vloei die gesprek sommer maklik. Dis hoe ons hierdie uitdrukking verstaan. Ek gaan netnou verduidelik wat Johannes 2 daarmee bedoel. .................
Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017
Teks: Lukas 16:1-15
Tema: Tydelik en ewig
Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat die slagoffer van die oneerlike bestuuurder se skelmstreke is die man prys en bewonder vir die slim, dog oneerlike planne wat hy op die ou end maak om sy eie toekoms te verseker.
...........
Preek Jan Steyn 1 Oktober 2017
Teks: Mattheus 22:1-14
Tema: Vreemde bruilof
Inleiding: Dit is van die begin af duidelk dat Jesus hierdie gelykenis vertel om iets s oor lewe in die koninkryk van God. Hy gebruik net 'n alledaagse beeld of prent van die huwelik of bruilof om dit te kan s. Die eerste wat ons egter moet verstaan van hierdie huwelik is dat dit geen gewone huwelik is nie. Dis 'n koninklike huweli
k.
.................
Preek Jan Steyn 29 Oktober 2017
Teks: Efesiers 2:1-10
Tema: In Christus lewe jy
Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer verander of tot SY volle vervulling probeer bring omdat Hy die Messias was nie. Hy het nie die ou koninkryk van Dawid as politieke en militre leier probeer herstel soos wat die ou Jode gedink het die Messias sou doen nie. Daarvoor het Jesus te veel met die Joodse godsdienstige leiers gestry
. .
...........
Jan Steyn preek 5 November 2017 (Belydenisaflegging)
Teks: 2 Timoteus 3:1-5, 14-17
Tema: Wat doen die Woord in ons lewens?
Inleiding: Hoe lyk wreld waarin ons leef?
Plesier is die NBste- you are bag of sand/ hoop materie, versameling selle (Amerikaanse skole)
Sekuele orientasie NBste- verskraling van Bybelse leer oor wat mens is
Descartes: I think therefore I am- I shop therefore I am (consumerism).
Preek Jan Steyn 19 November 2017
Teks: Johannes 20:19-31
Tema: Ons is gestuur (Missio Dei)
Inleiding:
Ons het nou die afgelope paar jaar die vyf temas van die reformasie hanteer
Sola Fidei (net geloof)
Sola Gratia (net genade)....................
Jan Steyn preek 4 Februarie 2018
Teks: Genesis 29 en 30
Tema: Op wie is jou hart gerig?
Inleiding:
Afgodery skryf is die boom waaruit baie van ons sonde en struggles in die lewe vertak. So skryf Kyle Idleman in sy boek Gods at war: "Idolatry is always the issue. It's the trunk of the tree and all other problems are just branches." Wat is 'n afgod- die engelse idol? Enigiets kan 'n afgod in ons lewens word as dit vir God in ons lewens verplaas.
......................
Jan Steyn preek 21 Januarie 2018
Teks: Hebreers 12:1-3
Tema: Volharding
Inleiding:
Om kind van die Here te wees en om te lewe is soos wedloop- nie sprint, nie middelafstand- marathon. Iets wat vasbyt of volharding vra.
Ons elkeen se wedloop lyk anders:
As julle by die kleure-atletiek aan die 1200 deelneem hardloop elkeen dieselfde wedloop- drie keer om die baan. Mense wat die Kaapstad marathon hardloop almal dieselfde roete en almal hardloop ewe ver. In die wedloop van die geloof of die lewe verskil ons wedlope. ..................
Preek Jan Steyn 18 Februarie 2018
Teks: Deuternomium 11
Tema: Onthou
Inleiding:
My pa is al oorlede. Maar ek het iets wat my dadelik aan my pa laat dink. Dis hierdie plaat van John Gary. John Gary sanger van Ierland en my pa was baie lief vir sy musiek. As ek hierdie musiek luister, dink ek dadelik aan my pa.......................
Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018
Teks: Johannes 13:1-35
Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees)
Inleiding:
Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed in atletiek maar ek sien jou nie meer deelneem nie. Nee oom, antwoord hy, ek doen nie meer atletiek nie, ek gim nou net. Ja man, ek kan sien jy't fris geword die laaste tyd. Maar waarvoor oefen jy? Wat doen mens met al daai spiere.......................
Jan Steyn preek Sondag 15 April 2018
Teks: Handelinge 3:1-19
Tema: Geloof
Inleiding: Wat is geloof? Die krag van vertroue
Is geloof 'n goeie gevoel oor God en die lewe? Ek weet nie van jou gevoelens nie, maar myne skuif te veel rond- as geloof hierdie goeie gevoel oor die lewe is, is ek in elk gevoel in die moeilikheid. Gevoel klink nie soos hierdie goeie en vaste basis om geloof op te bou nie. Is geloof dalk hoe ons dink oor God en oor die lewe- die Bybelse weergawe van positive thinking?
.......................