NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
November en Desember  - 2013
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za
Ds. George Prinsloo   Sondag 17 November 2013
Tema: Wat en Waarheen nou??
Teks: 2 Tess.2:1-5 (realiteit) en 2 Tess.1:1-4 (ID.
Preek:1. “Die wederkoms” Daar is so realiteit: Die wederkoms! Dit gebeur op 2 maniere Die eerste is
wanneer iemand sterf. Dan sal daar ‘n ontmoeting met die Here wees en sal die wat in Jesus glo, in
die hemel opgeneem wees. Wanneer iemand vir wie jy baie lief is sterf, dan is deel van jou “tot rus
kom” hierdie waarheid. Die persoon is nou by God in die hemel.  ............
Ds. George Prinsloo   Sondag 3 November 2013
Tema:  Saam is ons beter.
Teks: Kor.12:12-28 “Spinnerak-teks”
Preek: In die Bybel, God se Woord, kry ons dat daar verskillende beelde gebruik word om ons beter te laat
“sien” hoe God oor Sy kerk dink. Verskillende beelde/metafore:
· Kudde Groep en leiding
· Huisgesin Intimiteit en nabyheid
· Pottebakker en klei Vorming. Op verskillende maniere vorm Hy
· Bruidegom en bruid Besondere liefde
· Liggaam Interafhanklikheid en onderlinge verbondenheid. ..............
Ds. George Prinsloo   Sondag 10 November 2013
Tema: En God laat Hom vasgryp …!
Teks: Gen.32:22-32
Preek:1. Jakob se geskiedenis In hierdie teks is daar ‘n persoon wat op die voorgrond kom. Sy naam is
Jakob. Sy persoonlike CV was alles behalwe vleiend. Hy het sy naam, wat bedrieer beteken, baie
duidelik uitgeleef! 
· By geboorte Esau aan die hak beet - beur om eerste te wees. Kry toe sy naam.
· Bedrieg sy broer uit sy eersgeboortereg toe hy swak en moeg was.
· Die slinkse plan wat Jakob en sy ma Rebekka uitwerk om Isak te bedrieg sodat Esau se seën
gesteel kan word.(Gen.27:3-19-19) vs.19 die blatante leuen. ............
Ds. Jan Steyn   Sondag 24 November 2013
Teks: Jesaja 2:1-5
Tema: Lewe in die lig
Preek:  Inleiding: Kom ons kyk eerstens bietjie na die historiese agtergrond agter Jesaja 2. Jesaja leef en
tree op in hierdie baie moeilike tyd in die geskiedenis van die volk van die Here. Op hierdie stadium was
die Assiriërs die groot moondheid van daardie tyd wat eintlik ‘n węreldryk gebou het. Hulle was in die
klas van die VSA of China vandag en hulle mag het ook die volk van die Here se noordryk Israel  ............
Ds. Jan Steyn   Sondag 15 Desember 2013
Teks: Jesaja 35:1-10 en Mattheus 11:2-11
Tema:  Die nuwe pad
Preek: Inleiding: Vals hoop en vals vreugde en vrede:
Drie dinge waarin die węreld soms vir my in uitblink, is vals hoop en vals vreugde en vals vrede. Daar word
die volgende ware verhaal vertel uit die Franse geskiedenis. Daar was een maal hierdie tyd van
ekonomiese depressie in Frankryk. Die regering het besluit dat hulle werk gaan skep vir die duisende
werkloses en besluit om hulle in te span om paaie te begin bou. Aan die begin het alles goed gegaan
............
Ds. Jan Steyn   Versoeningsdag 16 Desember 2013
Teks: Lukas 19:28-48 (Sagaria 9:9-10)
Tema: Die prys van vrede
Preek:  Inleiding: Die goue lyn van Jerusalem: Jesus moet by Jerusalem uitkom. Hierdie dringende reis na
Jerusalem loop soos ‘n goue draad deur die Lukasevangelie. Jesus moet in Jerusalem kom om die roeping
uit te leef waarvoor die Vader Hom gestuur het en die Heilige Gees Hom bekragtig het. Reeds in Lukas 9:21
kondig Hy aan wat die einddoel van hierdie reis na Jerusalem sou wees: Die Seun van die mens moet baie
ly, deur die familiehoofde ............
Ds. Jan Steyn   Sondag 22 Desember 2013
Teks: Jesaja 7:1-16 en Mattheus 1:18-25
Tema: Immanuel
Preek:  Inleiding:  Is daar nog hoop? Jare gelede is ‘n duikboot deur ‘n ander boot gestamp en het dit baie
vinnig tot op die seebodem gesink. Die hele bemanning van die duikboot was binne-in vasgevang. Baie
bote het hulle na die ramp gehaas om hulp te probeer verleen. ...........
Ds. Jan Steyn   Kersdag 25 Desember 2013
Teks:   Jesaja 62: 1-12
Tema: Om saam met God te droom, te bid en te werk.
Preek: Inleiding: Geloof beteken ook die moed om te droom
Iemand skryf hierdie woorde: Geloof beteken ook die moed om te droom. Want om te droom, vat verseker
moed. Ek dink hier aan storie man met naam Hans Babblinger- wat graag wou vlieg. Net een problem- in
16de eeu geleef- geen helikopters of vliegtuie, selfs sweeftuie nie. Hans dus dromer tyd ver vooruit. Hans se
beroep maak van kunsledemate. ...........