TUISBLAD VIR ONS KLEIN KABOUTERS
Laat Mamma of Pappa vir jou die prentjies aflaai [hulle sal weet hoe om dit te doen]. Kleur dan die prentjies mooi  in en vra vir jou ouers om die storie van die prentjie vir jou te vertel en te wys waar in die Bybel kry ons dié prentjie se storie.
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Hier is 'n lekker rympie om te leer
Dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en gered van verderf
Ja, Jesus het my lief

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus maak my lewe vry.
Hy neem weg my sondeskuld,
dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my, in my.
Dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my.


Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Biesie, Biesie, Bame:

Biesie, biesie, bame,
vou jou handjies same;
kook 'n potjie rys,
kook 'n potjie vleis,
koes, koes, kindertjies
Amen
Die Skaap met Witte Voetjies

Slaap, kindjie, slaap,
daar buite loop 'n skaap,
'n skaap met witte voetjies,
hy drink sy melk so soetjies;
slaap, kindjie, slaap

Slaap, kindjie, slaap,
jou pa is na die Kaap,
jou mamma skud die boom se top,
dan val 'n droompie op jou kop,
slaap, kindjie, slaap.