KINDERBLAD - BLADSY 1
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ∑  E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Die Onse Vader:
Ons Vader wat in die hemel is,
laat U Naam geheilig word;
Laat U koningkryk kom;
laat U wil geskied,
soos in die hemel
net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en
die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid.
AMEN
Oggendgebed:
Dankie Heer al is ek klein,
vir my skool en vir my brein.
Maak my nuttig, goed en sterk,
Vader om vir U te werk.
AMEN
Aandgebed:
Op my stoeltjie sit ek nou,
met my handjies saamgevou.
Liewe Jesus ek wil U dank,
vir my kossies en my drank.
AMEN
Tafelgebed:
Dankie vir die kos wat ons kan eet
en laat ons U goedheid nooit vergeet.
Dankie vir die voŽls wat ek kan hoor sing,
dankie Heer vir elke ding.
AMEN
Laat Mamma of Pappa vir jou die prentjies aflaai [hulle sal weet hoe om dit te doen]. Kleur dan die prentjies mooi  in en vra vir jou ouers om die storie van die prentjie vir jou te vertel en te wys waar in die Bybel kry ons diť prentjie se storie. Een van die prentjies gaan oor 'n gelykenis. Laat Mamma of Pappa vir jou verduidelik wat "gelykenis" beteken.
Hier is 'n lekker rympie om te leer
Skoon hande
Hier is nou iets wat ek moet leer:
my hande was ek elke keer
net voor ek eet; dit is gesond
so bly die kieme uit my mond

(Elizabeth Snyman)
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef