NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
Julie en Augustus - 2012
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Ds. Jan Steyn    Sondag 22 Julie 2012
Tema:  Hardloop jou eie wedloop  Teks: 1 Samuel 15:1-35, Johannes 12:43 en Hebrers 12:1 en 2
Preek:
Die aktrise Marlo Thomas was die dogter van die beroemde akteur Danny Thomas. Sy vertel haar eerste rol as aktrise in die teater was as in Gigi in die Laguna Playhouse Teater naby Los Angeles. Haar vreugde om uiteindelik 'n regte aktrise te wees, het nie lank gehou nie.......
Ds. George Prinsloo    Sondag 16 Julie 2012
Tema: Wat vertel jy vir ander mense oor Jesus?  Teks: Markus 6 : 14 tot 29
Preek:
Geskiedkundige agtergrond:
Herodes Antipas is Herodes die Grote, kindermoordenaar se seun.
Herodes Antipas was met Aretas (Koning van Nabateers) se dogter getroud en later geskei. Terloops: Koning Aretas (2 Kor.11:32) se verteenwoordigers (Nie- Christene) het vir Paulus in die Damaskus omgewing gewag om hom gevange te neem. (Mandjie ontsnapping). Herodes Antipas het by sy halfbroer Fillipus, in Rome oorgebly .......
Ds. Jan Steyn    Sondag 12 Augustus 2012
Tema:  Genade groter as myself  Teks: Lukas 19: 1 tot 10
Preek:
Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef nie. Hy was die hooftollenaar van die Jerigo streek. Die tollenaars was mense wat belasting vir die Romeinse regering van hulle Joodse volksgenote ingesamel het. Hulle is dus deur hul mede-Jode as verraaiers gesien ......
Ds.George Prinsloo    Sondag 19 Augustus 2012
Tema:  Om met "Wysheid" in 'n verhouding te wees  Teks: Spreuke 9: 1 tot 6
Preek:
Wil graag vir die kinders n storie vertel (kyk maar hoeveel kinders daar is):
Daar was n tannie wat op die rand van die dorp gewoon het. Tannie Wysie. Alhoewel dit op d1e rand van die dorp, was, was dit langs die hoofroete oppad Kaap toe.  Mens het haar huis maklik raakgesien......