NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
JONGMENSE - BLASY 1
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Spanning tussen ouers en tieners

Spanning tussen ouers en tieners is amper n gegewe, maar, dit beteken nie dat die spanning iets is wat maar sy loop moet neem en as iets beskou moet word waaraan niemand niks kan doen nie. Wanneer ons toelaat dat dit gebeur word die verhoudings tussen ouers en tieners dikwels baie skade berokken, en soms onherstelbare skade ..........
WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE
Ek het verskillende pare skoene saamgevat om die punt vir hulle te illustreer.
Die eerste paar skoene was netjiese hofskoene. Daardie skoene wat veral vrouens net vir spesiale
geleenthede aantrek. Het ek dalk n mooi, blink, indrukwekkende verhouding met die Here, maar dit word op
Sondae en baie spesiale geleenthede uitgehaal...........
Tieners: Waarom Doen Hulle Dit?

Feitlik elke dag skree die koerante net nog meer stories uit van wat tieners oor hulself of ander mense bring. Vir baie van ons is dit nie net abstrakte stories in die pers nie, ons ervaar die rampe in ons kinders of hulle vriende of vriende se kinders - di vir wie ons daagliks moet onderrig. Elke keer wat ons hoor dat iemand begin het om dwelms te neem, die straatlewe verkies of anoreksies raak, vra ons onsself die vraag af: Hoekom doen hulle dit? .......