NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
Januarie en Februarie 2014
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Ds. Jan Steyn   26 Janaurie 2014
Teks:   Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16)
Tema: Jesus die Geneser
Preek: Inleiding: Ek het nog nooit oor genesing gepreek nie.  Ek kon op die internet feitlik geen
preke uit NG geledere oor genesing kry nie. Ek het by hierdie tema uitgekom omdat my
skoonsuster hier oor Kersfees laas jaar deur n besmette bosluis gebyt is en vir letterlik twee of
drie weke was haar situasie touch en go. Sy sou volgens dokters gelukkig wees om te oorleef.
Want sy het kongo-koors deur die bosluisbyt gekry...........
Ds. Jan Steyn   2 Februarie 2014
Teks:   1 Korintirs 13: 1-3, 1 Johannes 3:11-18 en 1 Johannes 4:7-21  
Tema: Liefde tel die meeste
Preek:       
Inleiding: God se liefde is die oorsprong of bron van ons liefde:
Daar word die ware verhaal vertel van n minister in die koningshof van Indi wat n Christen  
geword het. Die koning wou hom daaroor uit sy amp ontslaan. Eers wou die koning egter by hom  
weet hoekom hy n Christen geword het. Die minister het geantwoord: Omdat God in Sy Seun  
Christus self na mense toe gekom het om ons te verlos. Die koning het ges: Waarom sal die  
Koning van alle konings Homself daaroor bekommer of sy wil gedoen word? ...........
Ds. George Prinsloo   9 Februarie 2014
Teks:   Mark.6:36-44  
Tema: Liefde is om saam te praat en saam te doen  
Preek:      Liefde is nie net n saak van hoflikheid en n sagte kopknik nie. Om iemand lief te h,  
beteken om jou moue op te rol, handskoene aan te trek en te begin doen.  Rick Warren neem ons  
na Mark.6:36-44 toe en laat ons stil word by die bekende vis en brood wonder. Vanuit hierdie  
wondergebeure, noem hy dinge wat hy in Jesus se bediening raaksien. Dinge wat gedurende die  
wondergebeure plaasvind wat ons baie bewus maak van hoe liefde en versorging in die praktyk  
werkbaar aangepak word...........
Ds. Jan Steyn   16 Februarie 2014
Teks:   Romeine 12  
Tema: Liggaam, ganse en jumpers!
Preek:      Rick Warren het ges een ding is altyd waar van die  
kerk: We is stronger than me. Ons is sterker as ek. Hierdie  
volgende video clip wys dit baie mooi:
Begin met video clip van beautiful animation about teamwork  
op You tube. Wat sien julle? As krappe of miere of pikkewyne  
saamstaan kan hulle die gevaar afweer.  Saam is hulle sterker  
as wat hulle op hul eie is. Dis ook waar van kerk. Paulus gee  
prentjie van liggaam. Kerk is Jesus se liggaam. In liggaam is  
daar baie dele en elkeen ander funksie of doen iets anders.  
Oog kyk, oor hoor, neus ruik.........
Ds. Jan Steyn   23 Februarie 2014
Teks:   Efesirs 4:1-16, 25 en 32 en 1 Korintirs 13:7
Tema: Mense wat vir mekaar omgee, groei saam.
Preek:      Inleiding:  Wat is geestelike groei?  Iemand skryf geestelike groei is om  
hierdie trommel van geskenke wat God my gegee het in terme van gawes en  
persoonlikheidseienskappe al hoe meer uit te pak en te gebruik. Geestelike groei  
gaan oor meer kennis opdoen van die Bybel en die Here,  maar dis ook veel meer  
as dit. Ons besef vandag geloofsvorming ........