NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
November en Desember - 2012
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Ds Jan Steyn Sondag 11 November 2012
Tema:  Lewende water   Teks: Esegiël 43:1-7a , 47:1-12
Preek:
  Die boek van Esegiël speel af in die grootste laagtepunt vir die volk van die Here in die Ou Testament- die tyd van hulle ballingskap na Babilon en die val van Jerusalem. Die inname van Jerusalem en die wegvoering van sy inwoners deur die Babiloniërs het in meer as een golf geskied en in die grootste en vernietigendste golf is Jerusalem in 597 v. C. totaal vernietig. Selfs die beroemde tempel van Salomo is afgebreek en al sy skatte geplunder en verwyder. , ...................
Ds Jan Steyn Sondag 18 November 2012
Tema:  Geloofsperspektief   Teks: Numeri 13 en 14
Preek:
  Aan die begin van Numeri 13 is daar groot afwagting by die volk van die Here. Op hierdie stadium is hulle so twee jaar lank al weg uit Egipte en hulle is uiteindelik op die rand van die beloofde land. Daar is eintlik net 'n rivier tussen hulle en die beloofde land. Hulle is by hul eindbestemming. God het hulle uit Egipte, uit die plek van slawerny bevry omdat hy vir hulle hierdie beloofde land wou gee wat so lank reeds aan hulle voorvaders beloof was , ...................
Ds Bonthuys Sondag 25 November 2012
Tema:  Die Gees werk Jesus se gesindheid in ons. Teks: Filippense 2 : 5 - 11 Die Duitse skrywer Frans Kafka het ‘n verhaal geskryf met die titel “Metamorfose”. 
Preek:
  Hierdie woord metamorfose beteken verandering.  Dit handel oor ‘n aanvallige jong man wat een oggend wakker word en dan agterkom hy het verander van ‘n mooi jong man tot ‘n miskruier.  Hy kon nog steeds verstaan wat om hom gebeur, wat mense van hom sê, hy het nog dieselfde gevoelens as altyd gehad, sy binneste was nog dieselfde.  Maar iets verskrikliks het met hom gebeur.  Sy uiterlike was skrikwekkend, die van ‘n miskruier.  Nou het mense se optrede ook teenoor hom verander.  Sy pa het gegril as hy hom sien.  , ...................
Ds George Prinsloo Sondag 2 Desember 2012
Tema:  Doopformulier/Instelling en betekenis van die doop
Preek:  U as gemeente het vanoggend die geleentheid om deel te neem aan die oordenking van die doop. In een van ons familiekerke word hierdie formulier gebruik, waartydens die gemeente, u as gemeente, waarhede oor die doop met u bydrae hardop uitbrei of bevestig , ...................
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za