NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
DS.Jan Steyn preek 15 November 2015.
Josua 1
Tema: God roep jou nie alleen nie.
Inleiding:
Daar is n roeping op jou lewe. Jy het reg gehoor. Die Here roep nie net profete in
die Ou Testament of predikante en sendelinge nie. Die Here het jou geroep om
sekere goed vir Hom te doen. Maar veral het Hy hou geroep om iemand spesifiek
te word. Wie ons besig is om te word is was nog altyd vir die Here belangrikere as
wat ons vir Hom en vir ander mense kan doen...........
Ds Jan Steyn Preek 25 Oktober 2015
Teks: Eksodus 1:17 tot 14: 31, Lukas 9:28-30
Tema: God se pad anderkant ons doodloopstrate
Inleiding:
Toe ek hierdie week hierdie teks van Eksodus 13 en 14 lees, het die lirieke van die ou
liedjie van Don Moen God will make a way by my opgekom:
God will make a way where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
God will make a way. He will make a way.
Ons het hierdie woorde van hierdie liedjie die laaste tyd baie sterk ervaar toe ons met
my jongste dogtertjie Wiln in die hospitaal beland so vier weke terug. Sy ...........
Ds Jan Steyn Preek 7 Februarie 2016.  Veltog 2
Teks: Mattheus 5:4, 2 Korintirs 7:8-12
Tema: Hoe kan jy gesend wees terwyl jy treur?
Inleiding:
Ons hou nie van pyn en van hartseer en van treur nie. Ons wil lyding en hartseer en
pyn soveel ons kan liewer heeltemal vermy. Ons wil so vinnig as moontlik daaroor
hardloop sodat ons net weer kan aangaan met ons lewens. Moenie die kinders na
oupa se begrafnis toe neem nie, dit sal hulle net ontstel. Ons wil hulle nie aan die
dood blootstel nie. Ons wil nie loop deur die vallei van die doodskaduwee nie- die
ou vertaling van Psalm 23- ons wil ...........
Ds Jan Steyn
Preek Sondag 14 Februarie 2016: Witrivier Veldtog 3
Teks: Mattheus 5:5
Tema: Is sagmoediges swak?
Inleiding:
Ek dink nie ons is baie positief oor die woorde sagmoedig en sagmoedigheid nie.
Iemand wat sagmoedig is, klink darem net te veel na iemand wat jou half uitnooi:
trap maar op my, maak my maar jou vloerlap, ek sal nie weerstand bied nie.
Sagmoedig klink vir ons te veel soos ruggraatloos of selfs swak. Ons voel met ons rug
teen die muur in ons eie land dalk baie meer na nou gaan ons nie meer strooi vat
nie en rassisme en ...........
Ds Jan Steyn preek Sondag 3 April 2016
Tema: Die bekommernis beslommernis
Teks: Mattheus 6:24-34
Wat is die wortel van bekommernis/ angstigheid?
Jesus gebruik in hierdie gedeelte wat ons gelees het drie keer die woorde- in tien
verse: Moet julle nie bekommer nie. Hoekom? Want Hy weet dat ons ons
bekommer. Oor so baie dinge- oor dinge wat ons glo ons beheer oor het en oor
dinge wat ons dink buite ons beheer is. En as jy hierdie kind of man of vrou het
wat oor niks bekommerd is  nie, dan is jy bekommerd oor hulle oor niks
bekommerd is  nie! Jesus ken duidelik ons bang harte beter as wat ons onsself
ken....................

Ds Jan Steyn Sondag 24 April 2016
Tema: Ons skemas oor God en God se genade
Teks: 2 Konings 5:1-14
Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:
Die eerste ding wat ons opval as ons na Naman se lewe kyk, is dat hy suksesvol
was. Hy het die hoogste trap in sy beroep bereik. Hy was die hoof van die ler of
die weermag van die koning van Aram of die naam wat ons beter ken as Siri.  Hy
was dus wat posisie en rang betref net onder die koning van die land. Hy was
inderdaad n baie belangrike man. Hy was n dapper soldaat- ..............
Ds Jan Steyn Sondag 1 Mei 2016
Tema: Storms
Teks: Handelinge 27
Inleiding: In ons elkeen se lewe sal daar storms kom. Daardie storm kom in jou
gesondheid, in jou huwelik, in jou gesinslewe, in jou gemoed, in jou werksituasie
of in jou finansies. Maar storms kom op ons elkeen se pad. Die storms wat
ongelowige mense tref, tref kinders van - ..............
Ds Jan Steyn Preek 15 Mei 2016.
Tema: Wat kom doen die Heilige Gees?
Teks: Johannes 14:15-31

Inleiding: Wat beteken Heilige Gees is ons lewens?
Fanie was n visserman. Op jong ouderdom reeds skipper van groot vissersboot.
In groot storm is sy boot beskadig. Die bemannning was verskrik en baie bang.
Hulle het gedink die storm was so geweldig dat dit die stuurkajuit van die boot
gaan afruk.
Ds Jan Steyn Preek 29 Mei 2016.
Tema: Torings
Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18
Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself
Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26 jarige lugwaardin in
Amerika wat naak gaan poseer het Playboy magazine. Baie mense wat haar geken
het was baie geskok oor haar optrede en die lugredery het haar summier
afgedank.
Ds Jan Steyn Preek 26 Junie 2016.
Teks: Jona 1, Lukas 9:23-27
Tema: Vlugtend voor God?
Die agtergrond:
Jona se naam beteken duif en hy tree in die agste eeu voor Christus in Israel op.
Ons lees in 2 Konings 14:25 van die profeet Jona seun van Amittai wat uit Gat-
Gefer kom. Hierdie dorpie was so sewe km weg van Nasaret, die dorp waar Jesus
grootgeword het. God roep vir Jona om na die groot stad Nineve te gaan ......
Ds Nico Bonthuys Preek 10 Julie 2016.
Teks:  Jak 2 :14
Tema Geloof is om te doen en nie net om te onthou nie.
Liewe Gemeente
Daar word vertel dat vir Okke Jager n  bekende Hollandse leraar, gevra is - Wat is
Geloof?  Hoe werk dit?  Hoe moet n mens dit beoefen.  Sy antwoord was - Ek
weet nie en voordat die persoon oor sy skok kon kom volg hy op met ek is bly ek
weet nie .............
Ds Jan Steyn Preek 5 Junie 2016.
Teks: Mattheus 5:14-16; Filippense 2:12-16
Tema: Ligdraers
Inleiding:
Daar word vertel van die kerk wat gebou is in die hoogste berge in Switserland.
Dit was gebou deur die mense van daardie omgewing self. Want hulle was tog die
kerk. Die koning van daardie streek het besluit dat hierdie kerk wat met soveel
sorg en omgee gebou is, een ding nie sou h nie. Dit sou geen ligte binne-in die
kerk h nie
Ds George Prinsloo  Preek 25 September 2016.
Skriflesing: Openb. 1:4-8
Tema: Is die lewe nou te taai om kerk te wees?
Titanic: Op 10 April 1912 vertrek die grootste skip nog ooit gebou, met 2240 van
Southampton Engeland na New York. Dit is die Titanic se nooiensvaart en dit
word algemeen beskou as die eerste onsinkbare skip. In die vroee 20ste eeu was
daar geweldige kompetisie onder skeepbouers en daar was n nie-amptelike
kompetisie oor wie se skip die trans Atlantiese vaart in die kortste tyd kon
afhandel. Thomas Andrews .............