BEMOEDIGING - BLADSY 5
"Geliefdes, ons moet mekaar liefhê want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde"
1 Johannes 4:7 - 8
Faith is taking the first step even when you don't see the whole staircase.
Martin Luther King, Jr.
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Copyright © 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved  ·  E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Die Twee Houtkappers
Een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong knapie. Op ‘n dag het hul besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.
Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.
Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.
Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”
So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?
Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer
http://skoenlappertjie.wordpress.com/category/inspirasie/
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Moenie bid vir 'n makliker lewe nie, vra liewer om 'n sterker persoon te wees. Soms moet jy net die sprong waag en só aan jou verke spiere gee.
Kobi Yamada