Hier wil ons baie graag insette van lidmate plaas, kort stukkies van,
Bemoediging, Getuienisse, Lidmaatnuus, Verse, Woorde wat motiveer, Blydskap dinge, ens.
U kan u bydrae e-pos of per brief stuur [sien Kontakinligting]
BEMOEDIGING
NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
God se Wonders
God se wonders is fantasties
Ons gaan onder somer drasties
Ons wil h God moet sien,
Ons wil Hom met ons hele harte dien.
God is Heer en net Hy alleen,
Met alles wat Hy my mee sen mee sen
Loop my lewe oor en oor,
Sonder Hom sal ons verloor.
Smart is so baie in ons land
Ons moet ons sondes af gooi in die sand
Want in die hemel is dit net lag,
Sonder al die aarde se smag
Die Here het ek lief
Hy het my hart somer net so gedief,
Dankie Heer meer en meer

30 Julie 2004
A3
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Hoe hartseer as ons in die hawe van ons hart anker gooi....en besef ons is alleen op die skip.

Soos skepe in die nag. So beweeg ons dikwels by mekaar verby. Steurloos. Geruisloos.Omgeeloos. Elkeen voortvarend gefokus op n volgende missie. Onbewus van mekaar se hart, behoeftes en noodterwyl ons eintlik mekaar so bitter nodig het. So verlang na aandag, opregte belangstelling, n hart wat omgee. Kameraadskap.

En so mis ons eintlik die rede vir ons bestaan: Om liefde te leef.

Miskien moet ek en jy n punt maak daarvan om meer gereeld anker te gooi by ons medereisigers, om in hul o te kyk, hul hart te hoor en iets van hul lewe te verstaan.

Want dit is in die werklike luister na mekaar dat ons begrip en deernis ontwikkel. Dis in die deel van ons hartsreis dat ons self lewenslesse leer en in die dra van mekaar se laste dat ons agterkom: Ons bondeltjie is toe nie so swaar nie

Dis in die gee van onsself dat ons weer sin in die lewe vind, juis omdat ons dan agterkom waaroor liefde - die lewe - toe werklik gaan.

Kom ons besluit vandag nog dat ons mekaar met meer sorg wil oppas. Dat ons met groter belangstelling na die mense om ons sal kyk, met dieper opregtheid sal belangstel en hulle met n ruimer hart sal ontvang.

Dis in die gee van onsself dat ons sal ontvang, meer as waarop ons ooit gereken het.

Gebed
Here Jesus, ek erken vandag dat ek maar n selfsugtige lewensreisiger is wat dikwels net op my eie belang gefokus is. Is dit waarom ek soms onvergenoegd en eensaam voel? Stop my in my voortvarendheid en maak my o n slag behoorlik oop vir mense om my. En wanneer ek sien en hoor , help my om dan ook te verstaan, uit te reik, te doen, te gee. Veral om die liefde sommer net te gee. Amen
Groete
Gielie du Toit
[geskryf deur Melanie Vosloo]
"Ek sal die Here loof wat my tot die regte insigte gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy  my leer"
Psalm 16:7









"Die here het die fondament van die aarde met wysheid gel en die Hemel gebou met insig:

Spreuke 3:19
God roep my in Swartland Noord !!
Letter from Jesus - Unkown
Kerkkantoor - 022 482 1407.