NG KERK
SWARTLAND-NOORD
Preke
Voel vry om die preke in PDF formaat af te laai
Augustus en September 2014
Om God se wil te ontdek,
leer ken en uit te leef
Designed by  Frank Myburgh  - Inspired by Wian le Roux
Copyright 2012 by NG Kerk Swartland-Noord - Malmesbury -  All Rights reserved    E-pos: admin@ngksn.co.za
Ds. Jan Steyn   10 Augustus 2014
Teks: Johannes 21: 1-25
Tema: Vissers en herders
Inleiding:
Wat is n dissipel en wat beteken dit spesifiek om dissipel van Jesus te wees?
Ons is tans in ons gemeente in ons waarde maand waar ons as gemeente wil nadink saam  
met mekaar oor wat ons kernwaardes behoort te wees. Julle sal ook die laaste Sondag van  
die maand die geleentheid kry om skriftelik julle kernwaarde of waardes vir die gemeente  
neer te sit. Op die ou end wil ons dit wat ons oor kernwaardes vanuit die gemeente  
terugkry afrond tot so ses of sewe waardes wat ons visueel hier iewers in die kerk wil  
opsit. ......
Ds Jan Steyn   24 Augustus 2014
Teks: Genesis 18:1-15 en Hebrers 13:2.
Tema: Gasvryheid
Inleiding: Hoe dink ons oor gasvryheid en wat is bybelse of Christelike gasvryheid?
As jy die woord gasvryheid of hospitality gaan google, gaan jy heel eerste by die
gasvryheidindustrie se verwysings uitkom- die hospitality industry, wat plekke soos hotelle
en gastehuise en restaurante insluit. Die ander betekenis wat gasvryheid baie keer by ons
oproep, is die gesellige saamkuier met familie en vriende. Gasvryheid is dan dat jou huis
hierdie vriendelike en verwelkomende ruimte of plek vir familie en vriende en natuurlik vir
die kinders se vriende ook is. . ......
Ds George Prinsloo 21 September 2014
Skriflesing: Matt.20:1-16
Tema: loonstruktuur@hemel.com
Preek:  Wie van julle het of het kikuioe gras by julle huise gehad.
As die tuinman hierdie tyd van die jaar nie opdaag nie, is dit jy en jou skaapsker. Al om die
randjies en die sproeierkoppe. Dit is n aanhoudende gespook om die oorgroeiing van
gras te keer.  En Jesus hou aan om die aard en die karakter van God se Koninkryk an
mense te verduidelik. Want om een of ander rede, bly mense sukkel om die Koninkryk te
verstaan soos wat dit werk en bedoel is om te werk. Want.../// Die Koninkryk van God is n
boerdery met genade. . ......
Ds Gys van Schoor  28 September 2014
By hierdie besonder 50jarige bestaansviering van hierdie besondere gemeente Swartland-
Noord wil ek ons terugneem na die wortels van die christelike geloof.
Waaroor gaan die Christelike geloof?
Kort: Jesus
Ons kan ook langer antwoorde gee. Nie vanoggend nie!
Ek wil egter vanoggend na Jesus vanoggend kyk vanuit die boodskap wat Hy verkondig
het. Die boodskap wat Jesus verkondig het word genoem evangelie: Goeie nuus!
Wat is die Goeie Nuus wat Jesus verkondig het? Hierdie is n kardinaal NBe vraag. Uit ons
verstaan van Jesus se boodskap word dit duidelik wie Jesus vir ons is. Maar daar is n 2de
aspek wat van groot belang is. Ons verstaan van die kerk, waarmee die kerk moet besig
wees, word bepaal deur ons antwoord op die vraag: Wat is die goeie nuus wat Jesus
verkondig het?.....